Bookmark : http://www.uniekum.co.za
Skip to : [Content] [Navigation]

Tuisblad

Welkom by Uniekum

Uniekum Landbou Masjiene is al jare lank dié spesialiste op die gebied van aartappel en uiehantering in Suid Afrika. Of dit nou gaan oor plant, uithaal, vervoer of sortering en gradering: ons kan u adviseer oor die regte oplossing vir u spesifieke omstandighede en wense. Al ons produkte word vir plaaslike grond en klimaatstoestande ontwerp en vervaardig by ons produksie-aanleg in Brackenfell, Kaapstad.
Ad 1
Ons Visie

As die toonaangewende verskaffer van aartappel en uiehanteringstoerusting in Suid-Afrika is dit steeds Uniekum se strewe om in die spesifieke behoeftes van die individuele boer te voorsien. Dit wat ons al 30 jaar lank doen, wil ons, deur ons volgehoue soeke na doelgerigte oplossings, vandag net nóg beter doen! Ons glo dat ons kliënt-gerigte ingesteldheid, ons produkte en ons puik naverkoopsdiens, Uniekum in ‘n unieke posisie plaas in die gespesialiseerde wêreld van aartappel en uiehanteringstegnologie.

artappel en uiehanteringstoerusting in Suid-Afrika

 

Verlang u meer inligting oor ons of oor ons produkte?  Wil u hê een van ons bemarkers moet u skakel of kom sien?  Kontak ons, en ons sal so gou moontlik na u terugkom.